Janneman sê “polisieman” is ’n ‘sensasiesoeker’
Janneman antwoord op dreigboodskap wat rondte doen
Janneman Uys sê hy ken glad nie die persoon wat hom op Facebook voorgedoen het as as ’n polisieman, met die naam ‘James Smith’ nie.
’n Skermgreep van ’n dreigende Facebookbook boodskap wat gerig is aan Janneman, word tans op sosiale media versprei.
Dit is nie duidelik op watter Facebookgroep “James Smith” die dreigboodskap gelaat het nie, maar die skermskoot van die dreigement word wyd aangestuur.
Alle aanduidings is dat die groep of blad waar die persoon die boodskap gelaat het, dit afgehaal het.
Op die boodskap het “Smith” dreigend geraak en gesê Janneman moet hom kontak en voor 10 Maart kom sien, anders gaan daar ’n lasbrief vir sy arrestasie wees. Hy het ook ’n nommer gelaat waar Janneman kwansuis vir hom ’n WhatsApp boodskap moet stuur.
Lees ook:
Die skermskoot van die boodskap is vir Janneman (’n vriend van Willem Kruger wat ook by die rampartytjie by Henbase Lodge was), gestuur, asook vir brig. Selvy Mohlala (polisie se provinsiale woordvoerder).
Janneman het, nadat hy die boodskap van die joernalis gekry het, gesê: “Dis is maar een van daardie sensasiesoekers. ’n Mens moenie eers vir sulke mense lugtyd gee nie. Dit is nie dat ek eers die Facebookgoed lees nie, maar ek sien sy comments is klaar weer verwyder. Hy is ’n suurstofdief. Baie dankie.”
• Brig. Mohlala het nog nie op ons navrae rakende die skermskoot gereageer nie.
• Dit is algemene kennis dat enige persoon wat hom voordoen as ’n polisiebeampte op welke manier ookal, gearresteer kan word.
