News

Vriend van Willem Kruger met arrestasie gedreig

Die berugte “polisieman”, James Smith, het dreigboodskappe aan een van Willem Kruger se jong vriende gestuur.

Hy het op Facebook vir Janneman Uys ’n boodskap gelaat “dat hy hom moet kontak. anders gaan hy gearresteer word.”

Die boodskap lui: ’Hi Janneman, ek het vir jou k..k nuus Seun. Ek stel voor jy en jou pa kom sien my voor 10 Maart. Daarna is jou warrant uit vir arrestasie, dan kan ek jou nie help nie. WhatsApp: 076 737 6614.”

Dit is aangestuur vir Janneman en brig. Selvy Mohlala (polisie se provinsiale woordvoerder), maar nie een van die twee het tot nou kommentaar daaroor gelewer nie.

• Janneman was een van die mans wat die rampartytjie bygewoon het by Henbase Lodge waar Willem Kruger oorlede is. Willem het verdwyn en sy bakkie, met sy oorskot in die bakkie, is in die Vaalrivier langs die lodge gekry.

Lees ook: 

‘Kaptein’ dreig mans oor ‘verkragting’

Brig. Mohlala het later volgehou dat daar nie beslag gelê is op Janneman se bakkie nie.

Na ’n tyd het hy toegegee dat Janneman uit vrye wil sy bakkie vir hulle gegee het vir ondersoek. Die bakkie is vroeg in Februarie weer vir hom teruggegee.

• Daar is berig dat Janneman ’n diefstalklagte by die polisie aanhangig gemaak het oor ’n ring van R250 000 wat uit die bakkie verdwyn het, terwyl dit in die besit van die polisie was.

Brig. Mohlala het bevestig dat Janneman ’n diefstalklagte gemaak het, maar wou nie uitbrei oor spesifiek wat gesteel is nie.

Lees ook:

Sindikaat, wat hulself as polisiemanne voordoen en mans afdreig, slaan weer toe

• Die Observer en sy susterskoerant, Die Daller, asook ander nuusmedia, het in die afgelope paar jaar al verskeie berigte gedoen oor ’n man wat hom voordoen in die meeste gevalle as ‘kaptein John Smith’ en mans afdreig.

In die meeste gevalle sê hy vir die mans dat daar ’n verkragtingsaak teen hulle is en hy dan die dossier kan laat ‘verdwyn’ as hulle R5 000 betaal.
Dit eindig nie daar nie. Daar is mans wat al R15 000 betaal het net om die man van hul nekke af te kry.

• Die ‘polisieman’ is baie oortuigend en sê vir sy slagoffers dat hy weet hulle is dalk ‘onskuldig’, maar dat so ’n saak hul hele lewe kan verwoes as dit byvoorbeeld hof toe gaan.

Lees ook: 

Daar is twee “polisiemanne” wat mense afdreig

Vir een van sy slagoffers het hy gesê dat sy eie broer sy hele familie en alles verloor het in so ’n saak, al is hy later in die hof onskuldig bevind, omdat mense glo “dat waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie.”

• Van die mans het hom in sy peetjie in gestuur, maar van die ander slagoffers was benoud daaroor, aangesien so ’n tipe saak hul hele reputasie in die samelewig skade kan berokken.

•En slagoffer het sy eie lewe geneem.

 
Back to top button