News

Man wat verdwyn het “kan niks onthou nie”

Renier van Niekerk, wat vanaf sy huis in Walter Sisulustraat in Middelburg verdwyn het, kan nie onthou wat met hom gebeur het nie.

“Toe hy gistermiddag tot sy sinne kom en besef hy is in Ermelo, het hy na een van sy vriende se huis toe geloop en gevra dat hulle hom na my ouers toe moet neem,” het sy vrou, Michelle, pas verlig gesê.

“Hy was gedehidreer en het liters en liters water gedrink.”
Sy een been was erg geswel en het gepyn.

Sy het genoem dat die ondersoekbeampte in die vermiste persoon saak, op pad is na hulle toe in Ermelo. Hy sal mnr. Van Niekerk na die staatshospitaal vergesel waar toetse gedoen gaan word om te bepaal of hy moontlik iets ingekry het.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/03/07/renier-van-niekerk-is-gevind/

“My man het beslis mediese behandeling nodig,” sê me. Van Niekerk.

Hulle het hom nog nie uitgevra oor wat kon gebeur het nie, maar is dit vir hulle duidelik dat hy tans niks kan onthou nie.
Nadat sy skoonouers, Fazel en Loret Müller vir hom iets te ete en water gegee het, het hy in die bed geklim en geslaap.

Tydens die onderhoud met me. Van Niekerk het hy steeds geslaap.
Hulle gaan hom wakker maak sodra die polisie opdaag.

• Mnr. Van Niekerk het steeds sy denim kortbroek, tekkies en hemp aangehad, wat hy gedra het die oggend van sy verdwyning, toe hy by sy skoonouers opgedaag het.

Lees ook: 

Kaalvoet man met baard dalk verdwene Renier

• Na sy verdwyning, is mnr. Van Niekerk eers op die ou Belfastpad gesien en etlike ure later op die brug oor die N4 op die Hendrinapad.
Daarna het hy soos ’n groot speld verdwyn.

Twee vriende het gisteroggend afsonderlik tot in Hendrina gery om na hom te soek, maar kon geen spoor kry nie.

Later deur die dag het ’n inwoner van Ermelo laat weet dat daar ’n man, wat mnr. Van Niekerk se beskrywing pas, onder ’n boom sit in dié dorp.

• Nadat mnr. Van Niekerk gevind is, is sy vrou dadelik laat weet en is sy Ermelo toe. Sy het gister laataand daar aangekom.

• Die egpaar se jongste seun vier vandag sy 16de verjaardag en het me. Van Niekerk gesê hoe dankbaar sy is dat haar man daar kan wees.

• Me. Van Niekerk het die Observer bedank wat verskeie berigte op hul webtuiste gedoen het oor mnr. Van Niekerk se verdwyning om te help met sy opsporing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button