News

Vlieënde voorwerp tot in Gqeberha gesien

Die verskynsel is al voorheen deur inwoners opgemerk toe dit bewolk was.

Die vreemde vlieënde voorwerp wat Vrydagaand in die hemelruim opgemerk is, is tot sover as Gqeberha (Port Elizabeth) gesien!

Me. Retha Bain het die berig op die Middelburg Observer se webtuiste gesien en van hul ervaring vertel. Sy en ’n klomp vriende het ook die voorwerp gesien.

Hulle het op ’n plaas buite Gqeberha gebraai, toe sy ’n bewegende voorwerp net links van die ster Venus gewaar het.

Me. Bain het vir die ander partytjiegangers gesê, “Haai ouens, kyk daar is ’n satelliet!”

Lees ook: Vreemde vlieënde voorwerp dans in die lug

Die mans het vir haar gesê dat dit te vinnig beweeg vir ’n satelliet en dalk ’n vliegtuig kan wees.

“Maar toe maak hierdie voorwerp snaakse draaie en verdwyn dit net. Teen daai tyd was dit al ver regs van Venus, wat my laat besef het dat dit baie laag moes gevlieg het.”

• ’n Inwoner van Mineralia, me. Natasha du Toit, het ook die berig en die video onder oë gehad. Alhooewel sy dit nie Vrydagaand gesien het nie, het sy “dit al seker vier keer voorheen gesien!” Hulle het dit opgemerk as dit bewolk is.

• Persone wat nog videos, foto’s of staaltjies het van die vreemde vlieënde voorwerp in die lug, kan Daleen Naudé bel by 013 243 1434 of ’n e-pos stuur na daleen@mobserver.co.za. Enigiemand wat ’n logiese verduideliking kan gee vir wat dit moontlik kan wees, kan ook van hulle laat hoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button