Tweede man verdwyn, gesoek na hy vir mediese ondersoek gaan
’n Tweede man het binne ’n week net spoorloos verdwyn.
’n Man het Vrydagoggend spoorloos verdwyn nadat hy vir ’n mediese ondersoek gegaan het vir ’n nuwe werk.
Mnr. JP (John-Peter) Clark het Vrydag omstreeks 10:15 ’n laaste WhatsApp vir sy vrou, Yolanda, gestuur, dat hy by ’n kliniek is in eMalahleni.
Mnr. Clark, wat woonagtig is by die Komati Kragstasie woongebied, sou by ’n nuwe werk in Bethal begin vanoggend en dit is waarom hy moes gaan vir die mediese ondersoek in eMalahleni. Hy is ’n dieselwerktuigkundige.
Die familie het verneem dat hy sy mediese dokumente ingehandig het in eMalahleni en net na 11:00 Vrydag daar weg is. Hy het nie by die huis opgedaag nie en hulle het sedertdien ook nog nie weer van hom gehoor nie.
’n Vermiste persoon saak is geopen by die Blinkpan polisie.
•Ten tyde van sy verdwyning het mnr. Clark ’n blou denim gedra met ’n blou en swart hemp en swart tekkies.
•Hy het gery met ’n silwer Citroën Picasso, registrasienommer JKN245MP.

•As enige persoon moontlik vir mnr. Clark gesien het word gevra dat hulle sy skoonsuster, Sonet van der Westhuizen bel by 072 158 5433 of sy dogter, Tertia Clark, by 074 238 1358.

•Verlede week het mnr. Renier van Niekerk, vanaf sy huis in Walter Sisulustraat in Middelburg verdwyn.
Lees ook:
Hy was ’n dag en ’n half weg en het by ’n vriend se huis in Ermelo aangestap gekom.
Hy kon niks onthou nie.
• Mnr. Van Niekerk is net soos mnr. Clark ’n dieselwerktuigkundige.
