‘n Tzaneen inwoner is opsoek na haar vermiste dogter.
Ansie Lloyd vertel dat haar dogter, Louise Avenant (22) vanaf Februarie al in die Middelburg omgewing is nadat sy saam met ‘n vriend kom kuier het. Sy het verdwyn en is deur haar vriend by ‘n groep dwelmgebruikers gevind.
Nadat Louise drie dae op straat was is sy terug na die huis waar sy en haar vriend gekuier het, en hulle het buskaartjies gekoop om terug na Tzaneen te keer.
Lees:
Ansie sê dat Louise kleedkamer toe is terwyl hulle wag vir die bus. Sy het weer verdwyn.
Dis die laaste wat sy gesien is.
Louise het wel ‘n SMS aan haar ma gestuur om vir geld te vra.
“Ons het nee gesê omdat ons weet waarvoor dit gebruik gaan word. Maar sy het daarna gesê dat sy ons maar sal groet, omdat “hulle haar gaan doodmaak”.”
Ansie het erken dat Louise aan dwelms verslaaf is en dat sy tans op straat is. Hulle is egter besorgd oor haar en vra dat enige iemand met inligting oor waar Louise haar bevind hulle sal kontak by 074 224 5990 of Arthur Hill van Middelburg Dagpatrollie by 083 870 9693.
