Vermiste 22-jarige maak kontak met ma
Die vrou is van Tzaneen maar het saam met ’n vriend in Middelburg kom kuier.
Die 22-jarige Louise Avenant van Tzaneen wat sedert Februarie verdwyn het in die Middelburg omgewing het met haar ma kontak gemaak.
Louise se ma, Ansie Lloyd, het erken dat Louise, wat saam met ’n vriend op Middelburg kom kuier het gevind is tussen ’n groep dwelmgebruikers.
Lees ook:
Hulle was besorgd oor haar veiligheid toe sy weer verdwyn het nadat ’n buskaartjie gereël is om haar terug op Tzaneen te kry.
Louise het ’n boodskap aan haar ma gestuur om vir geld te vra.
Nadat Ansie die geld geweier het, het Louise gedreig dat “hulle haar gaan doodmaak.”
Ansie het egter bevestig dat Louise met hulle kontak gemaak het en veilig is, en dat die soektog gestaak kan word.
