News

Phillip geopereer, maar nog R50 000 uitstaande

Phillip Nel (17) is geopereer, maar daar is nog R50 000 uitstaande op die dokters- en hospitaalrekening.

Phillip, ’n rugbyspeler van Hoërskool Middelburg, het op 7 Maart ’n ernstige enkelbesering opgedoen, tydens ’n vriendskaplike rugbywedstryd teen Steelcrest High School.
Sy enkel is op vier plekke gebreek en al sy ligamente en spiere is afgeskeur.

Middies se versekering het die eerste paar dae die hospitaalkostes gedek en het ook die hekgelde vir die familie geskenk tydens die wedstryde van die NWU reeks teen Zwartkop.
’n Dans is ook by die Pure Plaas Boskamp Familieplaas aangebied om van die kostes te dek.

Hy is verlede Dinsdag in die Life Midmed Hospitaal geopereer.

Lees ook:

Rugbyspeler ernstig beseer

Sy ma, Mariëtte, sê daar is egter nog R50 000 uitstaande op die hospitaalrekening en dat hulle reëlings getref het om die res af te betaal.

“Dit is nie eers die kostes vir rehabilitasie nie, want hy sal op ’n stadium ook fisioterapie moet kry.”

Phillip is tuis en sê sy ma laggend sy weet nie hoe sy hom gaan kry om stil te sit nie.

“Die dokter het gesê hy mag eers na 10 weke vir die eerste keer op sy voet trap en dit is baie moeilik vir ons aktiewe plaasseun!”

Persone wat nog bydraes wil gee vir die ‘Phillip Nel Hulpfonds’ (rekening wat gestig is vir sy mediese uitgawes), kan me. Nel bel by 079 447 3081.

• Daar is ook ’n Facebookblad gestig, genaamd ‘Phillip Nel Fondsinsameling’ waar die bankbesonderhede van die fonds beskikbaar is en waar almal op hoogte gehou word van Phillip se herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button