Bomklapper oor heining gegooi
Volgens mnr. Quintin Coetzee, ’n lid van die kompleks se veiligheidsgroep, is nege huise bestook.
Die groep vandale wat verskeie huise in Gotswani-en Skurwebergstrate met klippe bestook het, het al Vrydagaand met hulle terreurveldtog begin.
Volgens mnr. Dries Venter het die kwaaddoeners Vrydagaand bomklappers oor sy heining geslinger.
“Ek kon sien dat dit twee jong mans was,” het mnr. Venter gesê.

Die groep het egter deur die loop van die naweek inwoners bly terroriseer en mnr. Venter se huis is Saterdagaand weer met eiers gegooi.
Maandagaand is klippe gegooi en een huis se venster is stukkend geslaan, terwyl die tweede geval gemik was op ’n slapende driejarige se kamervenster.

Lees ook:
Insittendes van wit Fortuner bestook huise met klippe en eiers
