News

Herbie Goes Bananas en nou is daar Herbie goes to Konings Pandwinkel

Daar was Herbie Goes to Monte Carlo, Herbie Goes Bananas en nou is daar Herbie Goes to Konings Pandwinkel.

’n Voertuig het pas by ’n winkelvenster van Konings Pandwinkel ingeploeg, op die hoek van Cowen Ntuli- en Rivierstraat.

Daar word verneem dat die bestuurder van die Volkswagen nie ernstige beserings opgedoen het nie.
Hy het pas vir omstanders gesê dat hy besig was om te parkeer, toe die ongeluk plaasgevind het.

Omstanders het egter gesê dat dit blyk asof hy vanaf Rivier- in Cowen Ntulistraat ingedraai het, waarna die voertuig gegly het op diesel in die pad en hy in die winkel beland het.

• Dit is die tweede keer die laaste tyd waar ’n voertuig deur ’n besigheid se venster gejaag het.

Die vorige keer was by Fabric King twee weke gelede.

Lees ook:

Bejaarde jaag deur Fabric King se voordeur tot in winkel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button