News
Herbie Goes Bananas en nou is daar Herbie goes to Konings Pandwinkel
Daar was Herbie Goes to Monte Carlo, Herbie Goes Bananas en nou is daar Herbie Goes to Konings Pandwinkel.

’n Voertuig het pas by ’n winkelvenster van Konings Pandwinkel ingeploeg, op die hoek van Cowen Ntuli- en Rivierstraat.
Daar word verneem dat die bestuurder van die Volkswagen nie ernstige beserings opgedoen het nie.
Hy het pas vir omstanders gesê dat hy besig was om te parkeer, toe die ongeluk plaasgevind het.
Omstanders het egter gesê dat dit blyk asof hy vanaf Rivier- in Cowen Ntulistraat ingedraai het, waarna die voertuig gegly het op diesel in die pad en hy in die winkel beland het.
• Dit is die tweede keer die laaste tyd waar ’n voertuig deur ’n besigheid se venster gejaag het.
Die vorige keer was by Fabric King twee weke gelede.
Lees ook: