News

Vrou wat in brand sterf was geliefd in Kerk

Een van die vroue wat in ’n brand gisteraand gesterf het, tannie Sannie Pieterse (82), was welbekend en geliefd by die Hervormde Kerk, Moedergemeente, waar sy vir jare ’n lidmaat was.

Sy en haar skoondogter, Yolandie (56), het gisteraand in ’n brand by die Adelhof Woonstelle gesterf.

Die vermoede bestaan dat die brand deur ’n kers veroorsaak is.

Lees ook:

Twee vroue brand dood in woonstelvuur

Vele gemeentelede onthou hoe tannie Sannie altyd “met haar wit haartjies voor in die kerk gesit het.”
Alhoewel sy nie self kon kerk toe ry nie, is sy gereeld opgelaai om die dienste by te woon.

• Me. Yolandie Pieterse het die laaste twee maande by die Arayyah Sentrum in Klipstraat gewerk as assistent by die kleuterskool-afdeling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button