Bejaarde vrou wat verkool het, word begrawe
Die bejaarde vrou wat op 15 Mei in ’n brand by die Adelhof Woonstelle so erg verkool het, dat DNS toetse gedoen moes word, sal volgende week ter ruste gelê word.
Mnr. Steve Pieterse het gister bevestig dat die DNS toetse op sy ma, Susan (82) voltooi is en dat hulle kon voortgaan met begrafnisreëlings.
Sy vrou, Yolandie (56) het ook in die brand omgekom.
Mnr. Pieterse kon daarin slaag om uit die brandende woonstel te kom, maar hy kon weens die geweldige vlamme nie teruggaan om sy ma en vrou te red nie.
Lees ook:
Yolandie se roudiens was verlede Vrydag uit die PPK Lofdal gemeente.
Tannie Susan se begrafnis is op 30 Mei (Dinsdag).
Die ter aarde bestelling is om 10:00, waarna die diens om 11:00 uit die Hervormde Kerk, Moedergemeente gehou sal word.
•Familie en vriende wat die begrafnis gaan bywoon, word gevra om te bevestig by Steve by 071 867 6366.
