
’n Koedoebul wat op ’n paneelbordkamera vasgevang is waar hy oor ’n bakkie se neus verbyspring en hom links voor tref, het sosiale media aan die gons.
Die video het onder andere op ’n WhatsApp groep van oud-polisiemanne, die mans aan die gesels gehad.
Een het uitgewys dat jy selfs die “bosluis op sy oor kan sien”.

’n Ander een het grappenderwys gesê dat daar beslis “briekmerke” in die persoon wat die bakkie bestuur het se onderklere moes wees na die voorval.
Daar is gesê dat die video geneem is op ’n grondpad by Olifantshoek in die Noordkaap.

• Dié foto’s en video volg net drie maande nadat oud-kolonel Anton Crafford (destyds bevelvoerder van die Plaaslike Rekordsentrum in Middelburg) ’n ‘onderonsie’ met ’n koedoe op die pad beleef het.
Vyf kilometer voor Bethuli het ’n jong koedoebul agter ’n bos uitgespring en die bakkie getref.
Lees meer hier:
As enige persoon weet wie se videomateriaal dit is wat gedeel is, bel Daleen Naude by 013 243 1434 of stuur ’n WhatsApp na 072 248 3855 of ’n e-pos na daleen@mobserver.co.za.
