News

Diewe sak toe op solarligte

Diewe steel ligte binne sekondes.

Die man wat Maandag aangekeer is nadat ’n solarlig in Wag ’n Bietjiestraat gesteel is, het vlugtig in die hof verskyn.

Given Motsepe het Dinsdag in die hof verskyn op ’n klagte van diefstal en betreding. Hy is in aanhouding en sal vandag weer in die hof verskyn vir ’n amptelike borgaansoek.
Die verdagte is in Oribistraat in ’n erf vasgetrek nadat die solarlig gesteel is.

Lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 (NSR3) het die oproep ontvang en het dit deurgegee aan Sektor 4, Dennesig/Kanonkop Radiogroep, wat Kanonkop gefynkam het vir die verdagte.
Daar was ook lede van die Dagpatrollie wat gehelp soek het.

Nadat hy in die erf in Oribistraat gevang is, is die solarlig met sy paneel in die sak wat hy by hom gehad het, na bewering by hom gekry.

Jacob (Tiny) Louw (voorsitter Sektor 4, Dennesig/Kanonkop Radiogroep) sê dit is al die sesde of sewende keer dat hulle die man vang.

Elke keer wat hy gevang is, is hy weer losgelaat, omdat die persone by wie daar artikels gesteel is, nie sake wou maak nie.

Jacob het saamgestem met die ondervoorsitter van die NRS3, Juanita Groenewald, dat mense ’n punt daarvan moet maak om sake te maak teen verdagtes, anders kan hulle nie aangekla word nie.

• ’n Dag nadat die man gearresteer is, is daar weer ’n solarlig in Dahliastraat gesteel. Dit is ’n aanduiding dat daar meer as een persoon in hierdie area is wat hulle toetspits op solarligte.

Jacob meld dat daar in die laaste paar maande al vier keer by ’n spesifieke huis in Dahliastraat solarligte gesteel is.

Videomateriaal wat verskaf is van een van die diefstalle by ’n huis in Dahliastraat, wys hoe die dief binne twee sekondes die lig steel.

Hy sê die diewe teiken ook solarpanele op dakke. Daar is onlangs by ’n huis in Kanonkop panele van die dak af gesteel en by ’n ander huis is ’n dief op die dak betrap, maar hy het afgespring en weggehardloop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button