News

Meisie (13) sterf, ouma in hospitaal na “vergiftiging”

’n Dertienjarige dogter van Nasaret is dood en haar ouma afgevoer na die Middelburg Hospitaal na moontlike koolstofmonoksiedvergiftiging.

Daar word verneem dat ’n konka in die huis aan die brand gesteek is en die dogter en ouma moontlik die gifgasse (koolstofmonoksied) ingeasem het.

• Die dogter het by die huis gesterf, terwyl ambulansmanne vir haar lewe geveg het.

• Verlede jaar in Junie is twee kinders, Aphiwe Makgarela (4) en Bonginkosi Sibanyoni (16) van Mhluzi, oorlede nadat hulle aan koolstofmonoksied blootgestel is.

Die familie was geskok oor die nadoodse ondersoek se bevinding, omdat daar geen toestel in die huis was wat die dodelike gif kon produseer nie.

• Simptome van koolstofmonoksiedvergiftiging sluit in hoofpyn, duiseligheid, swakheid, omgekrapte maag, braking, borspyn, verwarring en uiteindelik die dood.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button