’n Jong vrou het haar gistermiddag boeglam geskrik toe mans met gewere, wat soos AK47’s lyk, in Samora Machelstraat afgehardloop het.
“Hulle het reguit op my kar afgehardloop en ek het gedink hulle kom na my toe, maar hulle het langs my kar verby gehardloop. Dit het gelyk of hulle agter iemand anders aan is,” het die vrou (wat verkies om anoniem te bly) gesê.
Sy het omstreeks 16:30 in Samora Machelstraat opgery en op die hoek van Chapmanspeakstraat ’n klomp voertuie gesien.
Een bakkie het half op die sypaadjie gestaan en sy het eers gedink daar was ’n ongeluk.
Op hierdie tydstip het sy egter die mans, wat geklee was in kamoefleerdrag, gesien wat met die wapens aangehardloop kom.
Sy het aangehou ry en net gesien hulle hardloop oor die pad.
Terwyl sy verby die bakkie gery het, het sy opgemerk daar staan die woorde: “Tactical” daarop.
• By navraag aan mnr. Martin Godsil (Middelburg takbestuurder, CSC Tactical) sê dit was beslis nie van sy reaksielede wat iemand gejaag het nie.
“CSC Tactical gebruik nie kamoefleerdrag nie, hulle almal dra swart klere. En ons taktiese span werk in Johannesburg.”
• As enige ander persoon ook gesien het wat gebeur of weet wie hulle gejaag het, bel Daleen Naude by 013 243 1434 of stuur ’n e-pos na daleen@mobserver.co.za
