Haal jul visstokke uit, want die groot visse byt nou Pappie!
Met die erge byt van winter, is dit nou die regte tyd om alles gereed te kry vir lekker groot karps.
• Hengelaar Braam Lee sê die “groot karpjagters maak hul nou reg vir ’n monster jagseisoen. Hulle is reg ingerig om die gure winter weer te trotseer waneer dit op hul hengelpad kom.”
Hy meld dat almal nou al weet dat sterker en skerper geure op koue en winderige dae gebruik moet word.
“Hou by jou gunsteling aas wat vis aan die hoek kry. Die Toep (App) op die selfone voorspel goeie vangste op Saterdag en Sondag. Die geskiedenis voorspel van Vrydagmiddag af beter vangste en goeie vangste Saterdag en Sondag.”
Die maan se eerste kwartier begin Sondag. “Dit voorspel ook Saterdagoggend en Sondag namiddag goeie vangste.”
• Nie net die karphengelaars het tans sukses langs die viswaters nie.
Johnny Venter (van Johnny’s Bargain World) het Dinsdag ’n lekker vet swartbaar onder Loskopdam gevang.
