News

Ouers takel mekaar met vuiste tydens hokkie semi-finaal

Toeskouers moes Saterdag inspring om twee ouers wat mekaar te lyf gegaan het van mekaar af trek, nadat gemoedere vlamgevat het tydens die provinsiale hokkie semi-finale stryd tussen Hoër Tegnies Witbank en Hoërskool Secunda.

Die twee ouers het gedurende die wedstryd al op die pawiljoen haaks geraak.
Hulle het glo gedurende die wedstryd tussen die eerste meisies hokkiespanne heeltyd oor en weer vir mekaar geskreeu.

Die twee mans het mekaar na die wedstryd gekonfronteer, waarna ’n bakleiery uitgebreek het.
Hulle het mekaar met die vuiste bygekom en gedurende die geveg het beide op die grond beland.

’n Groep ouers het die vegtende mans van mekaar af getrek.

Die bakleiery het op Hoërskool Middelburg se A-veld plaasgevind.

’n Groot aantal toeskouers het die geveg gesien.

Die volgende spanne was reeds op die veld toe die mans mekaar getakel het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button