Weer ’n dragtige hond vergiftig vir motorfiets
Drie praghonde, waarvan een dragtig was, is vergiftig om ’n motorfiets te steel by Hope Corner in Cowen Ntulistraat (Gholfsig).
Presies ’n week later is vier motorfietse in Clubville gesteel nadat palissades afgebreek is om in te kom, ’n hekmotorslot en ’n motorhuis oopgebreek is.
’n Omgekrapte me. Ayesha Snyman sê die booswigte het twee nagte na mekaar teruggekom na Hope Corner om hul honde dood te maak.
“Ek gaan nie meer dwelmverslaafdes inneem wat na ons hek self toe kom nie. Dis nie meer veilig nie!”
Die booswigte het verlede Woensdag in die vroeë oggendure (02:09) twee van die honde vergiftig.
Daarna is die hek en motorhuis oopforseer en die Bigboy 250cc motorfiets gesteel.

Op videomateriaal, wat me. Snyman goedgunstiglik beskikbaar gestel het, kan ’n mens sien hoe een van die boewe die hek van binne af vir sy makkers oopmaak (hy het moontlik oor die hek gespring en van binne af die hek oopforseer).
Daarna is twee die erf in en hou die derde een wag by die hek.
Met die twee se terugkeer word die motorfiets deur die opening in die hek na buite gestoot.
Alhoewel daar net drie op die videomateriaal gesien kan word, het van die bure se kameras gewys dat een buite ook gewag het.
Een van die bure het gestaan en rook buite sy huis toe die motorfietsdiewe uit Hope Corner se perseel uit kom. Hy het op hulle geskree, maar hulle het blitsig met die motorfiets die nag in verdwyn.

• Die bure se kameras het gewys hoe die vierde boosdoener buite by die heining op sy maag gelê en die honde besig gehou het, en waarskynlik toe die gif gegee het, terwyl die ander die motorfiets gesteel het!”
• Die volgende nag het nog twee van hul honde gif ingekry. Een het gevrek en die ander een kon die veaarts deurhaal.
• Hope Corner is ’n huis wat hulp bied vir dwelmverslaafde mans en vroue.

• Dit is die soveelste geval waar honde vergiftig en ook motorfietse gesteel word in Middelburg.
• Hierdie week is daar tussen 23:15 Dinsdag en 04:00 Woensdag die vier motorfietse in Clubville gesteel.
Die eienaar van die motorfietse (wat verkies om anoniem te bly) sê hulle het die palissades van die hek afgebreek en daarna die hekmotor se slot gebreek om hom oop te stoot.
Die groep het daarna van die plaveiselstene gebruik om die motorhuis se deurmeganisme oop te breek.
Hulle het weg gekom met ’n Husqvarna 501 Fe, ’n Husqvarna TC 50cc, ’n KTM SC 65cc en ’n Suzuki LTZ 400cc vierwielaangedrewe motorfiets.

• Op 23 Junie vanjaar is daar ook ’n dragtige boerboel, Siska, en haar maatjie, Tyson, in Kameeldoringstraat vergiftig.
Die ander hond in die huis het begin grom en die gesin gewaarsku, waarop hulle alarm gemaak en die boewe weg gehardloop het.

Lees ook:
• Net etlike dae later het ’n Quantum bussie gestop en mans uitgespring om ’n fiets en motorfiets in Sangirostraat (Gholfsig) te steel.
Lees ook:
KYK: Quantum bussie se insittendes steel fiets, motorfietse, vroegoggend
• In Juniemaand is ’n gesin se motorfietse ook weer gesteel, nadat dit in November 2022 gesteel en tydens ’n klopjag by die Uitkyk informele teruggekry is.
Lees ook:
