News
Handsak by Wees-Wakker-Fees gesteel
’n Jong inwoner is haar sleutels, selfoon en beursie met al haar noodsaaklike dokumente kwyt, nadat haar handsak tydens die Wees-Wakker-Fees by Laerskool Middelburg gesteel is.

Megan Jarvis sê haar bruin Foschini handsak is Vrydagaand tussen 23:00 en 12:00 by die stalletjie waar sy gewerk het gesteel.
’n Ford Ranger sleutel, beursie met al haar kaarte, bestuurslisensie en identiteitsdokumente, asook ’n swart iPhone XR met ’n omhulsel waarop wit blommetjies is, was binne die handsak gewees.
Indien iemand die handsak, sleutels of Megan se bestuurderslisensie en identiteitsdokument optel, word hulle gevra om Robert Jarvis by 083 779 5153 te skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.