Observer Daller

Gromar-trio wys hul staal

Gromar Landbou Akademie se graad 11-span het ’n indrukwekkende tweede plek by die BCVO se nasionale Bybelkenniseksamen in Bloemfontein behaal.

Drie graad 11-leerlinge van Gromar Landbou Akademie het hul skool en gemeenskap trots gemaak toe hulle aan die BCVO se nasionale Bybelkenniseksamen in Bloemfontein deelgeneem het.

Moné van Wyk, Nic Erasmus en Stephan van der Walt het as span deelgeneem aan die gesogte kompetisie wat van 1 tot 2 Mei plaasgevind het.

Deelnemers van regoor die land het hul kennis van die Bybel op die proef gestel — ’n uitdaging wat deeglike voorbereiding, toewyding en diepgaande insig vereis.

Die drie leerlinge het hul uitstekend van hul taak gekwyt en ’n algehele tweede plek behaal — ’n merkwaardige prestasie op nasionale vlak.

Volgens die skool is dié prestasie nie net ’n bewys van die leerlinge se akademiese vermoëns nie, maar ook van hul standvastige geloof en waardes. Dit dien as inspirasie vir mede-leerlinge om met ywer en toewyding hul eie doelwitte na te streef.

Gromar Landbou Akademie is trots op dié drie jongmense wat hul skool se naam hoog hou en wens hulle alle sterkte toe met hul toekomstige ondernemings.

Lees ook: Muishonde duik oral in Groblersdal op

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button