News

Ouetehuis sonder elektrisiteit

Belfast inwoners is na gisteraand vir die hoeveelste keer van basiese dienslewering ontneem na ’n kargonderbreking.

Volgens ’n bejaarde wat by ’n tehuis woonagtig is, volg hierdie kragfout op verskeie ander, en is hulle dikwels sonder elektrisiteit.

Die inwoner, wat versoek het om anoniem te bly, het verduidelik dat hulle krag na gisteraand se reënbui afgegaan het.

“Die munisipaliteit wil nou sinspeel dat kragpale as gevolg van ’n storm omgewaai het. Ja dit het goed gereën maar daar was geen storm nie, as hulle kragpale omgewaai het dan is dit omdat hulle vrot is.”

Die inwoner het vertel dat die kragdrade in Belfast se hoofstraat “in ’n toestand is”.

Die inwoner sê dat hulle krag vandag steeds af is.

“Wat van ons kos wat in ons yskaste afgaan?”

• Die Emakhazeni distrik is nou al vir meer as twee jaar ook geteister deur wateronderbrekings.

’n Plaaslike sakeman, mnr. Manie le Roux, het voorheen gekla dat sy trokbesigheid geweldig skade gely het.
Sy onderneming wat trokke was, moes 12 werknemers afê.

Volgens mnr. Le Roux, was twee waterkarre beskikbaar gestel maar dat dit nie genoeg is om die hele industriële gebied te voorsien nie.

Belfast Akademie moes ook tydelik leerders huis toe stuur as gevolg van wateronderbrekings.

• ’n Poging is aangewend om navraag aan die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit te rig, maar hulle kon telefonies nie in die hande gekry word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button