Die man wat op 6 November verlede jaar voor die Middelburg Observer se kantore in vreemde tale en wilde handgebare luidkeels uit ’n Bybel voorgelees het, is weer besig met sy ritueel.
Hierdie keer is hy kaalvoet, het sy skoene op ’n getekende lap uitgepak en preek dat die kranse antwoord gee.
Hy antwoord nie wanneer daar met hom gepraat word nie en groet nie eers terug nie.
“Moses” soos inwoners hom gedoop het, was glo ’n briljante sakeman voordat hy op ’n pelgrimstog gegaan het.
Daleen Naudé het die eerste keer nege jaar gelede oor “Udai” berig, wat eintlik Herman Rhode is.
Hy daag kort-kort by die koerant se kantore op met ’n onverklaarbare boodskap of houers waarin daar verskillende voorwerpe is soos mielies, boontjies, skulpies of klippies.
Hy dra ‘n kleurvolle Josefskleed en praat ’n taal wat niemand verstaan nie.
Een familie het Udai leer ken toe hy nog net “Herman Rhode” was. ’n Aangename jong man wat vurig oor sy ou testamentiese beginsels was.
Herman was ook jare gelede getroud en het ’n dogter. Hy was ‘n suksesvolle sakeman en het ‘n uitlaatpyp ontwerp wat brandstof-ekonomies was.
Een oggend het hy verdwyn en ’n nuwe, vreemde lewe en pelgrimstog begin.
@middelburgobserver Herman Rhode, who renamed himself Udai, is back at the Middelburg Observer reading loudly from a Bible in a language no one understands. #Middelburg #Udai #Moses