News

Waarskuwing grafiese inhoud: Foto’s wys krokodil se wrede aanval

Die gewelddadigheid waarmee ’n krokodil vir Anthony Joubert aangeval het, word nou eers duidelik nadat hy uit die Life Midmed Hospitaal ontslaan is.

Anthony (onder vriende bekend as Antoon) het foto’s beskikbaar gestel om te wys hoe die krokodil sy kake om sy maag en bobene geslaan het.

Daar is ’n gapende wond aan sy bobeen, waaruit weefsel gesny moes word om infeksie te keer en ook steeds ’n diep gat in sy maag.
Sy vingers is ook steeds besig om te herstel, wat oopgebars het, terwyl hy sy vingers in die krokodil se oë gedruk het.

Anthony is verlede Saterdag deur ’n krokodil op ’n plaasdam in die klowe op die Avontuurpad aangeval.
Sy vrou, Annelize, het die krokodil met ’n stomp op die kop geslaan, om haar man uit die reptiel se kake te probeer bevry.

Hy was aanvanklik in die Middelburg Hospitaal, maar is na ’n dag deur vriende na die Life Midmed Hospitaal geneem.
Daar was hy ’n paar keer teater toe sodat sy wonde skoongemaak kan word.

Die besering op sy bobeen op 15 Maart, nadat dit al ’n paar keer skoongemaak is. Dit is waar die krokodil se kaak om sy been gesluit het.

Anthony is Vrydag uit die hospitaal ontslaan, maar het aangedui dat hy nog etlike weke ’n pompie, wat die wonde moet skoonhou, moet dra.
Die pompie het R18 000 gekos.

Omdat van die oop wonde weens voorkoming van infeksie nie toegewerk kan word nie, sal hy nog ’n paar weke nie kan werk nie.
Hy het genoem dat hy juis weer more hospitaal toe gaan om sy wonde te laat skoonmaak.

Sodra die wonde herstel het, sal veloorplantings van sy ander been af gedoen word om die gate toe te maak.

• Die gesin het nie ’n mediese fonds nie en is daar ’n Back-A-Buddy fonds gestig om hulle met die kostes te probeer help.
Jacaranda se Good Morning Angels het R20 000 bygedra, maar die kostes gaan meer as R100 000 beloop.

Anthony is ook die broodwinner vir die gesin en het gesê hy weet nie hoe hulle hul blyplek die einde van die maand gaan betaal nie.

• Persone wat bydraes wil lewer, kan insleutel op die skakel: https://www.backabuddy.co.za/campaign/urgent-support-needed-for-anthony-joubert-and-family-after-crocodile-attack

Hy het ook nog las van seer vingers. Hy het sy vingers in die krokodil se oë gedruk om uit sy kake te probeer kom.

Lees ook:

Women fight with crocodile to free man from jaws – boy prays in mud

Man vertel: “My geveg om uit krokodil se kake te kom”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button