Man wat kanon wou verkoop, weer voor
Gary Roos, die man wat positief verbind word met onder andere inbrake by skole, het weer vlugtig in die hof verskyn.
Verskeie klagtes word teen Roos ondersoek.
Hy is etlike dae nadat ’n voertuig by Middelburg Primary School gesteel is, gearresteer.
Met sy eerste verskyning vir kardiefstal, is borg van R1 000 toegestaan.
Hy kon egter nie die bedrag betaal nie en het in aanhouding gebly.
Etlike dae later is verskeie klagtes bygevoeg.
Dit sluit in:
Die inbraak by Hoërskool Kanonkop, waar die skool se kanon onder andere gesteel is.
Daar is gesê dat hy die kanon die volgende dag aan ’n skrootmetaal besigheid wou verkoop.
• Inbraak by ’n klas by Laerskool Dennesig waar ’n skootrekenaar gesteel is. Na die inbraak is Roos op CCTV videomateriaal herken.
• Daar word ook verskeie ander sake van inbraak en diefstal uit ’n motorvoertuig teen hom ondersoek.
• Roos is sedertdien in aanhouding en sal vandag (25 Maart) in die hof verskyn vir formele borgaansoek.
Lees ook: