News

KYK: Quantum-bende sit waarskynlik ook agter rooi sleepwa se diefstal

Videomateriaal, wat pas bekom is, wys dat die Quantum-bende na alle waarskynlikheid verantwoordelik is vir die diefstal van ’n rooi sleepwa wat onlangs in Kanonkop gesteel is.

Mnr. Leon de Jager se rooi werksleepwa is net na 02:00 die oggend van 29 April deur vier verdagtes by die Cypress Hill kompleks in Kanonkop gesteel.

Volgens mnr. De Jager het die verdagtes met koevoete die hek se rat gebreek en daarna die sleepwa by die kompleks uitgestoot.
Hy het vanoggend die CCTV videomateriaal, wat hy eers onlangs bekom het, na die Middelburg Observer se kantore gebring.

’n Mens kan op die videomateriaal sien hoe ’n wit Quantumbussie verbyry, en later weer omdraai, waar een van die verdagtes die bussie nader. Die bussie ry egter verder af in die straat, buite sig van die kameras.

Die sleepwa word daarna by die kompleks uitgestoot en waarskynlik aan die bussie gehaak.

Op die video kan vier verdagtes in die kompleks gesien word.

Dié voorval volg op verskeie inbrake en diefstalle, waarby ’n Quantum minibus in minstens twee gevalle betrokke was.

• Vier verdagtes het Saterdag (27 April) om 03:00 die oggend by ’n motorhuis in Sandstraat, Aerorand toegeslaan en die motorhuis probeer oopbreek om by ’n motorfiets uit te kom. Op videomateriaal is daar gesien dat die mans in ’n wit minibus vlug nadat die huis se alarm afgegaan het.

• Twee weke voor dit, het vermoedelik dieselfde groep verdagtes met ’n minibus, die swaar donderslae gebruik om ’n motorhuis oop te forseer. Hulle is ook deur die alarm afgeskrik.

• Op 26 April het vier verdagtes rofweg om 02:00 ’n motorhuis in Dennesig oopgebreek waar hulle ’n sweismasjien, drie fietse en sonpanele gesteel het. Die verdagtes het toegang tot die huis verkry deur die motorhuis, waar hulle verder op ’n strooptog gegaan het.

• Op 24 April het ’n groep diewe by ’n huis in Kanonkop toegeslaan. Die hek is van die spoor afgelig, die motorhuis oopgeforseer, en ’n BMW motorfiets, bergfiets en sweismasjien gesteel. Die eienaar het op 14 Maart vier verdagtes in sy motorhuis betrap en afgeskrik, en is oortuig dat dit dieselfde groep is wat teruggekeer het.

@middelburgobserver

Trailer stolen by four suspects and likely hooked onto Quantam van. #middelburg #crimestories #crime #quantam

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Lees ook:

Gesteelde sleepwa op voertuig gehaak, weggery

Quantum bende slaan weer toe

Inbrekers gebruik weerligslae om motorhuisdeur te breek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button