News

Gesteelde sleepwa op voertuig gehaak, weggery

Inbrekers is die laaste twee weke erg bedrywig en het gisteroggend vroeg by ’n huis in Kanonkop toegeslaan.

Mnr. Leon de Jager sê dat ’n rooi, dubbelas-sleepwa, wat aan sy werk behoort, vroeg Dinsdagoggend deur minstens vyf verdagtes by hulle kompleks uitgestoot is en aan ’n wit voertuig gehaak is.

Volgens videomateriaal wat deur bure se CCTV-kameras opgeneem is, het die voorval tussen 02:00 en 02:15 plaasgevind by die Cypress Hill-kompleks in Kanonkop.

“Hulle het met koevoete die hek se rat gebreek en dit oopgestoot, en het daarna die sleepwa uitgestoot en aan die voertuig gehaak.”

Die sleepwa se registrasienommer is JCC 221 MP.

’n Saak van diefstal is by die polisie aanhangig gemaak.

 

Daar is in die laaste twee weke verskeie voorvalle van diefstal, veral in Kanonkop en Dennesig, gerapporteer.

 

• Vier verdagtes het Saterdag (27 April) om 03:00 die oggend by ’n motorhuis in Sandstraat, Aerorand toegeslaan en die motorhuis probeer oopbreek om by ’n motorfiets uit te kom. Op videomateriaal is daar gesien dat die mans in ’n wit minibus vlug nadat die huis se alarm afgegaan het.

• Twee weke vantevore het vermoedelik dieselfde groep verdagtes met ’n minibus, die geleentheid gevind tydens swaar donderweer om ’n motorhuis oop te forseer. Hulle is ook deur die alarm afgeskrik.

• Op 26 April het vier verdagtes rofweg om 02:00 ’n motorhuis in Dennesig oopgebreek waar hulle ’n sweismasjien, drie fietse en sonpanele gesteel het. Die verdagtes het toegang tot die huis verkry deur die motorhuis waar hulle verder op ’n strooptog gegaan het.

• Op 24 April het ’n groep diewe by ’n huis in Kanonkop toegeslaan. Die hek is van die spoor afgelig, die motorhuis oopgeforseer, en ’n BMW motorfiets, bergfiets en sweismasjien is gesteel. Die eienaar het op 14 Maart vier verdagtes in sy motorhuis betrap en afgeskrik, en is oortuig dat dit dieselfde groep is wat teruggekeer het.

Lees ook:

Motorfietsdiewe sak toe by een huis in Kanonkop

Fietsdiewe slaan weer toe

Quantum bende slaan weer toe

Inbrekers gebruik weerligslae om motorhuisdeur te breek

 
Back to top button