News
Mans met balaklawas hardloop in straat af
Vier mans met balaklawas het vanoggend in ’n straat afgehardloop in Dennesig.

Tiny Louw (voorsitter van die Sektor 4 Noodroep Radiogroep) sê die mans is deur inwoners van Steve Biko- en Manie Maritzstraat opgemerk.
“Ons weet nie op hierdie stadium of hulle moontlik iewers ingebreek het nie,” het hy gemeld.
• Hy het ook genoem dat inwoners moet lig slaap, want daar was die afgelope paar weke talle inbrake en ook voorvalle waar betreders in erwe opgemerk is.
Lees ook:
• Die Sektor 4 Noodroep Radiogroep hanteer Kanonkop, Dennesig en die Middedorp. Vir enige navrae rakende hul werksaamhede, bel Tiny by 071 227 5491 of Dolfie Coetzee (ondervoorsitter) by 078 032 2737.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.