News

Meeste ongelukke opgeruim, nog besig op N4

Twee van die drie ongelukke wat vanoggend plaasgevind het, is reeds opgeruim.

Die span van Van Wettens Insleepdienste is egter nog besig op die toneel net na die afrit by die Alzu Petroport afrit.

Die ongeluk het omstreeks 04:50 plaasgevind.

Voertuie kan afgaan by die afrit en oor die brug ry om weer op die N4 (rigting Nelspruit) te kom.

Lees ook:

N4 by Alzu tans toe na trokongeluk

Daar is pas navraag gedoen en is daar vanaf die toneel gesê dat dit nog ’n rukkie kan neem om die toneel op te ruim en die trokke weg te sleep.

• Die ongeluk vroegoggend by die Wonderfontein afrit op die N4, waar ’n bakkie die pad verlaat en in ’n sloot beland het, is ook reeds opgeruim. Niemand is in die ongeluk beseer nie.

• Omstreeks 05:35 was daar ook ’n ongeluk in die dorp op die hoeke van Oranje- en John Magagulastraat tussen ’n kar en ’n bakkie.
Die bestuurder van die voertuig het beserings opgedoen en is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal geneem.

Lees ook:

Vrou sien ongeluk in kruising gebeur

• DieTraffic Alert WhatsApp-groep het laat weet dat laasgenoemde toneel opgeruim is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button