News
Waarskuwing: ry stadiger, digte mis erg op paaie
Daar word oral op noodgroepe gewaarsku dat motoriste versigtig moet ry weens mis op die paaie.
Op beide die Traffic Alert- en MP Riots & Traffic WhatsApp groepe word tans waarskuwings uitgestuur dat daar digte mis op die paaie is.
Die areas waar motoriste spoed moet verminder weens mis, sluit in: N12, die R555 tussen Ogies en eMalahleni, die N17 tussen Bethal en Ermelo, asook die N4 by Belfast.
- Daar is op die Traffic Alert-groep ook gemeld van ‘n ongeluk by die Wonderfontein-afrit en word motoriste gemaan om stadiger te ry in die area.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
