News
Waarskuwing: ry stadiger, digte mis erg op paaie
Daar word oral op noodgroepe gewaarsku dat motoriste versigtig moet ry weens mis op die paaie.

Op beide die Traffic Alert- en MP Riots & Traffic WhatsApp groepe word tans waarskuwings uitgestuur dat daar digte mis op die paaie is.
Die areas waar motoriste spoed moet verminder weens mis, sluit in: N12, die R555 tussen Ogies en eMalahleni, die N17 tussen Bethal en Ermelo, asook die N4 by Belfast.
- Daar is op die Traffic Alert-groep ook gemeld van ‘n ongeluk by die Wonderfontein-afrit en word motoriste gemaan om stadiger te ry in die area.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.