Petzer en andere vlugtig in hof
Die vyf beskuldigdes, wat vir onder andere opsweping tot openbare geweld aangekla word, het vandag vlugtig in die hof verskyn.
Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, Dries Olivier en Willem Petzer het vandag vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn op ’n klag van opsweping tot openbare geweld.
Die mans het Piet Groenewald en Stephan Greeff buite die hof gaan ondersteun, maar is vroeg in Februarie gearresteer nadat hulle voor die hofgebou wou betoog.
Groenewald en Greeff was in die hof vir aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die saak is uitgestel na 14 Oktober vir oorplasing na die streekhof.
• Petzer het kort voor hul verskyning in die Groblersdal Landdroshof, op sy Facebookblad ’n video geplaas waarin hy sê dat “hierdie uitgerekte hofprosesse voel soms of dit mens se hele lewe opneem, deur dit te verteer, en dit keer dat jy enigiets buite die hofproses in jou lewe kan bereik.”
Lees meer hier:
Borg uiteindelik aan vier toegestaan na drama by hof
