News

Video: Talle vrae na ongeluk waarin drie mense sterf

Daar is talle onbeantwoorde vrae na ’n ongeluk Saterdag waar twee vrou en ’n man opslag dood is in ’n ongeluk op die Stoffbergpad.

Wat het tydens ’n ongeluk Saterdag op die Stoffberpad gebeur? Die vraag wat ’n mens kan vra as jy na die ongelukstoneel kyk.

Twee vroue en ’n man, wat in die VW Polo was, is opslag dood en drie mense is ernstig beseer in ’n Toyota Hilux bakkie. Die ongeluk het sowat 9km buite Middelburg gebeur.

Die D4D Hilux bakkie wat in die ongeluk betrokke was.

Lees ook: Drie sterf in ongeluk op Stoffbergpad

Wat die ongeluk so vreemd maak, is die feit dat die VW Polo op die passasiersdeur getref is en dat albei voertuie aan die regterkant van die pad (Stoffberg se rigting) tot stilstand gekom het.

Op die toneel is gehoor hoe die bestuurder van die bakkie, wat die enigste persoon was wat nié ernstig beseer is nie, gesê dat die VW Polo van voor af gekom het, en dat hy probeer uitswaai het, maar daarna niks verder onthou nie.

Die bakkie het daarna die VW Polo op die passasiersdeur getref en is albei voertuie van die pad af geslinger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button