News

Watermeters voor die voet uitgeruk!

Watermeters word nou voor die voet uitgeruk!

Ons dorp se watermeterdiewe het in drie dae se tyd 16 watermeters gesteel!

Die booswigte is agter die koper aan in die ouer watermeters wat nog nie met plastiek vervang is nie.

Vroeër hierdie week is sewe watermeters in Kanonkop gesteel.

Lees ook:
Diewe slaan toe in nag en steel hoop watermeters

Rdl. San-Mari Wait het gister laat weet dat daar die vorige nag agt watermeters in Weber-, Beyers Naude en Joubertstraat uitgeruk is.

Vanoggend het rdl. Johan Dyason op die Kanonkop/Dennesig Wyk WhatsApp groep laat weet dat daar ook ’n watermeter op die hoek van Kiepersol- en Seringstraat gesteel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button