News

Ysige naweek voorspel!

Gaan haal die jasse uit die tasse, want dit gaan ysig koud wees die naweek!

 

Middelburgers wat beplan het om die naweek te gaan swem, sal ander planne moet maak, want vandag was die laaste warm dag vir die naweek.

Die kraaie het vandag gegaap met ‘n maksimum van 32 grade, maar iewes in die nag gaan die koue nader kruip.

Volgens die weervoorspelling Toeps (Apps) is die temperature more ‘n minimum van 7 en ‘n maksimum van 16 grade!

Saterdag word daar selfs sneeu in sekere gebiede in die Hoëveld voorspel, met ‘n minimum van 8 grade en ‘n maksimum van net 11 grade in Middelburg. Daar is selfs ‘n 50% kans vir reën.

Sondag klim die kwik bietjie met ‘n minimum van 8 en ‘n maksimum van 21 grade en Maandag minimum 8 en maksimum 21. Die res van die week sal dit warmer wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button