Ballonne ook losgelaat waar almal vir ‘Lilie’ gaan bid
Inwoners wat Woensdagaand gaan saambid vir klein Lemay Fouché, word gevra om ook ballonne saam te bring.
Persone wat die gebedsaand vir Lilie (Lemay) Fouché gaan bywoon, moet kerse én ballonne saambring.
Almal kom om 18:00 byeen op die hoek van Oribi- en Lilian Ngoyistraat, waar kerse aangesteek sal word en om 18:15 met die gebede begin word.
Terwyl die ‘Oorwinningslied’ gesing word, sal ballonne losgelaat word.1`
• Lemay se pa, Mornay, het Donderdagmiddag in die ongeluk op die R555 (ou Witbankpad) gesterf en het sy en haar oupa, Johnny, ernstige beserings opgedoen.
• Die persoon in die ander voertuig, Elvis Hlongwane, het ook op die toneel gesterf.
Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/09/24/gebede-woensdag-vir-lilie/
