Wie het gebibber? Ons gaan nou braai!
’n Dag of wat terug het almal gebibber, maar binne die volgende paar dae gaan ons letterlik uitbraai!
Net so vinnig as wat die ysweer gekom het, net so vinnig gaan hy weer binne die volgende dag of wat verander in braaiweer!
Middelburgers sal bly wees om te hoor dat dit vandag al bietjie warmer gaan wees, ná die naweek se lae temperature.
Volgens die weervoorspelling op Toeps (Apps) sal die kwik vandag styg tot 24 grade.
Van more (Woensdag) af gaan die temperature egter geweldig styg.
Vir Woensdag is die minimum 13, met die maksimum op 20 grade, Donderdag minimum 16 en maksimum 31 en Vrydag minimum 16 met ’n maksimum van 32 grade!
• Saterdag en Sondag is die maksimum steeds hoog op 30 grade, maar teen Maandag moet almal weer truie uithaal as die temperature daal na ’n minimum van 7 en ’n maksimum van 19 grade.
