News

Nog ‘n botsing op die berugte Stoffbergpad

Verskeie ambulanse is na die toneel ontbied

Twee voertuie het ‘n rukkie gelede op die gevaarlike Stoffbergpad gebots.

Beide voertuie het op die grondskouer van die pad tot stilstand gekom.

Die bakkie het ‘n voorwiel in die botsing verloor.

Die ander voertuig was ewe sleg daaraan toe, en het met die neus van die voertuig binne in ‘n betonsloot beland.

Die stertkant van die voertuig het hemelwaarts gewys.

Een van die slagoffers waarmee daar op die toneel gepraat is, glo dat God se hand oor hulle was.

Die vrou en ‘n bejaarde wat saam in die voertuig was, is hospitaal toe vervoer in ambulanse.

Opruimings is tans aan die gang op die toneel sowat 6 km buite die dorp.

Die polisie en verkeer is ook op die toneel.

Dis tans nog onduidelik hoe die botsing plaasgevind het.

Voorverlede Saterdag het drie mense op dieselfde pad dood verongeluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Check Also
Close
Back to top button