News

Nog ’n Mr D afleweraar van sy bromponie afgery

Motorfiets land op sypaadjie

’n Mr Delivery bromponie-afleweraar is vroeër vanmiddag deur ’n bakkie in John Magagulastraat van sy bromponie af gery.

Die bakkiebestuurder het op die toneel gesê dat die verkeerslig by die Wanderers-kruising vir hom groen was, voordat die bromponie voor hom beland het.

Die bakkiebestuurder sê dat hy die bromponie dopgehou het, en gesien het hoe die afleweraar huiwer of hy ’n kans moet waag, met stop-ry, stop-ry beweging voor die botsing.

Die afleweraar het ongelukkig ’n kans gewaag, en voor die bakkie beland.

Die bestuurder het probeer uitswaai om ’n botsing te verhoed, maar eindelaaste die bromponie links voor met sy bakkie getref.

Die afleweraar het toe oor die enjinkap geval en op die grond beland.

Minute later het ’n groep ander afleweraars op die toneel opgedaag, elk met sy eie vermoede oor wat gebeur het.

• Inwoners se geduld is min met die afleweraars, met verskeie botsings, soms noodlottig, wat al plaasgevind het.

Motoriste beskuldig hulle dat hulle padreëls oortree, soos deur stoptekens te jaag.

Die afleweraar is met ’n ambulans van die toneel af hospitaal toe vervoer.

Die bakkiebestuurder, wat dadelik gestop het om te help, sê hy vermoed die afleweraar het been en heupbeserings opgedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button