News

Baba wat doodgebore is, se begrafnis gereël

Die baba wat verlede week doodgebore is in die Witbank Hospitaal, se begrafnis is hierdie week.

Klein Lianca-Lee Nortjé se begrafnis is Vrydag (11 Oktober) om 11:00 uit die Presbiteriaanse Kerk.

Dié babadogtertjie is op ’n 29 weke swangerskap doodgebore. Haar ma, Sonnette Cassell, is verlede Maandag vanaf Middelburg Hospitaal na die Witbank Hospitaal verwys, waar die baba die Woensdag doodgebore is.

Sonnette se ouers, Sonnette (snr) en Leon Viljoen, voel die baba sou ’n kans gehad het op oorlewing as daar ’n keisersnit gedoen is, toe die hospitaal agtergekom het sy het pre-eklampsie (’n ernstige swangerskap komplikasie weens hoë bloeddruk).

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/10/03/grootouers-glo-kleinkind-sou-kon-leef-met-keisersnit/

• Die familie kon nie ’n begrafnis bekostig nie en het die gemeenskap bydraes gelewer vir die begrafniskostes. Me. Viljoen het vanoggend gemeld dat daar nog ’n paar klein uitgawes is wat gedek moet word. Persone wat hulle wil ondersteun, kan haar skakel of WhatsApp by 067 229 1274.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button