News

Video: Chemikalieë brand op teeroppervlak in Kranspoortpas

Kranspoortpas gaan waarskynlik tot more gesluit wees.

Louwtjie Swart (Traffic Alert) het pas laat weet dat Kranspoortpas dalk tot moremiddag gesluit kan wees.

Louwtjie het presies verduidelik wat in die poort gebeur het en waarom die pad gesluit is.

Een trok het sy vrag, een of ander gevaarlike chemikalieë, wat moontlik swaweldioksied kan wees, verloor en aanvanklik aangehou ry. Dit het op die padopppervlak aan die brand geraak.

@middelburgobserver

Kranspoortpas is gesluit weens gevaarlike chemikalieë wat van ‘n trok afgeval het en op die teeroppervlak brand.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

‘n Tweede trok het in dieselfde omgewing in die sandput beland.

Louwtjie meld dat die trok wat sy vrag verloor het, wel teruggekeer het na die toneel.

“Ons span van Van Wettens gaan die trok uitsleep wat in die sandput is en ons skoonmaakspan gaan ook die area skoonmaak.” Weens die gevaar van die chemikalië, het Louwtjie aangedui dat die skoonmaakproses tot moremiddag kan duur.

  • Ons sal motoriste in kennis stel sodra die poort weer oop is.

Lees ook: Kranspoortpas is gesluit!

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

FacebookInstagram, TikTokX (Formerly Twitter), and YouTube.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button