News

Video: Seun wil ‘n dokter word soos dié wat Lilie se lewe gered het

Lilie Fouché se ongelooflike herstel het so 'n groot indruk gemaak op haar klasmaatjie, Nathan Nicholas, dat hy nou eendag 'n dokter wil word.

Nathan Nicholas wil graag eendag ‘n dokter word, want Lemay (Lilie) is tuis nadat die dokters haar lewe gered het.

Die graad twee’s by Laerskool Kanonkop het ‘n opdrag gekry dat hulle ‘n Engelse praatjie moes skryf oor wat hulle eendag wil word.

Daar is gereeld in die klas gesels oor Lemay (Lilie), wat op 19 September ernstig beseer is in ‘n ongeluk. Sy is in die intensiewe eenheid van die Alberton Netcare Hospitaal opgeneem, waar dokters aanvanklik vir haar lewe geveg het.

Die goeie nuus oor haar beterskap is natuurlik ook met die klas gedeel en was daar groot opwinding toe sy hierdie week uit die hospitaal ontslaan is.

Lees ook: Lilie sê dankie met drukkies vir hospitaalpersoneel

Nathan se ma, Danelle, sê hy wou voorheen altyd iets anders word soos ‘n polisieman of ‘n brandweerman, maar toe hy moes kies vir sy nuutste praatjie, het die antwoord dadelik gekom: hy wou ‘n dokter wees soos dié wat Lilie se lewe gered het. Dit beteken hy wil eendag ‘n pediater wees!

Die flitskaarte van Ntahan se praatjie, waar Lilie se gesiggie duidelik gesien kan word,

Die video, waar hy oefen vir sy praatjie, is gedeel op die ‘Lilie Update’ WhatsApp-groep (om almal ingelig te hou oor Lilie se toestand) en het Danelle goedgunstiglik ingestem dat ons ook die video kan publiseer.

@middelburgobserver

Nathan Nicholas wants to be a doctor like the one who saved Lilie’s life

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

FacebookInstagram, TikTokX (Formerly Twitter), and YouTube.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button