Diewe spits hul toe op gereedskap in bakkies
Dit blyk dat diewe hulle toespits op gereedskap in bakkies.
Kort nadat ‘n berig verskyn het van duur toerustinig wat uit ‘n gereedskapkas op ‘n bakkie gesteel is, het nog ‘n slagoffer laat weet dat daar ook van sy gereedskap gesteel is.
Ons het gister berig oor mnr. Kristo Pretorius wat ‘n beloning aanbied vir inligting dat hy sy toerusting kan terugkry. Diewe het Vrydag by sy gereedskapkas ingebreek en spesifieke toerusting gevat.
Lees ook: Duur toerusting uit ingeboude gereedskapkas agterop bakkie gesteel
Barry Strumpher het laat weet dat bykans presies dieselfde met hom gebeur het.
Hy het voor ‘n besigheid gestop in die Middedorp en het sy werker by die bakkie gebly om dit op te pas.
“Ek vermoed een het hom besig gehou en het die ander een die bakkiekappie oopgemaak en die sak gereedskap gegryp.”
Barry meld dat dat ‘n ‘Hilty” gereedskapsak was met elektriese krimpers, toetsers, tange en bedrading in. Hy skat die waarde op sowat R3 500.
