Sy is gister laas in Mineralia naby die OK Foods winkel daar gesien.
Haar vriend Jannie Theunissen het al kilometers geloop om Nel te soek, sonder sukses.
Theunissen sê dat Nel gisteroggend net na 08:00 by sy huis in Mineralia weg is met haar foon en bankkaart.
Sy sou glo net gou OK toe gaan, meer het skielik verdwyn.
Hy het haar onlangs op ’n Facebookgroep vir enkellopendes ontmoet.
Nadat hulle op WhatsApp begin gesels het, is daar afgespreek dat Nel by Theunissen in Middelburg sou kom kuier.
Hy sê hy het haar vier dae gelede met ’n rygeleentheid Middelburg toe laat kom van Springs se rigting af.
Theunissen sê dat Nel geen familie of vriende in die dorp het nie, en dat hy baie bekommerd is oor haar.
“Sy ken nie die dorp nie,” sê hy.
Theunissen het reeds by die polisie aangeklop, maar sal vandag foto’s van Nel vir hulle vat.
Hy sê iemand het hom intussen op WhatsApp gekontak met die persoon wat sê dat Nel haar niggie is.
Theunissen weet egter nie of Nel dalk by dié vrou is nie.
Haar klere, grimering en ander persoonlike besittings is steeds by Theunissen se huis.
Hy sê daar was kort voor haar verdwyning ’n gekskeerdery, en dat Nel haar vererg het.
Sy wou winkel toe stap om moontlik af te koel, bespiegel Theunissen.
Theunissen vra dat inwoners met inligting oor waar Nel haar bevind, hom asseblief moet skakel by 072 987 4805.
Lees meer:
