Middies herskryf geskiedenisboeke deur Waterkloof te wen!
Middies het gister geskiedenis gemaak!
Hoërskool Middelburg se eerste krieketspan het gister sowaar die geskiedenisboeke herskryf deur Waterkloof te wen!
Middies, wat 33ste staan op die SA Skole Ranglys het Waterkloof, wat tweede is op die ranglys, met 38 lopies in die Fain Noordvaal semi’s gewen!
Die puntekaart is as volg:
Hoërskool Middelburg 155/10: Zubair Desai 36, Hendré Nel 33, Gavin Genis 32, Marcus Bakker 3/26, Jaydon Blom 2/4, Johan Feuth 2/21.
Waterkloof 117/10: Wian Ruthven 54, Gavin Genis 6/51, Eduan Strydom 4/44.



Die skool het verlede week al klaar geskiedenis gemaak deur met Kempton Park af te reken.
Lees ook: Middies pak Waterkloof eerste keer in geskiedenis in semi’s!
Foto’s en video is geneem deur Patrick Lightfoot van Tap Lights Edits.
@middelburgobserver Vreugdekrete nadat Hoërskool Middelburg se eerste krieketspan vir Hoërskool Waterkloof in Fain Noordvaal semi’s wen! Video – Tap Light Edits
Do you have information on a news story you think we should cover?
Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.
To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:
Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.
