Bagasiebakmoord: Drie vlugtig voor
Die drie ooblywende beskuldigdes na die moord op 'n jong man, het vandag vlugtig in die hof verskyn.
Die bagasiebakmoordsaak het vandag weer vlugtig voorgekom.
Angie Appelgryn, Jan Jordaan en Kobus Pretorius se saak is uitgestel na einde November vir voortsetting in die streekhof.
Jordaan en Pretorius word aangekla van die moord op Danie Maritz die aand van 15 November 2023 waar Danie by ‘n skrootmetaalbesigheid in Middelburg vermoor is. Appelgryn se klagtes spruit voort uit die gebeure waar haar voertuig, met Danie se oorskot in die bagasiebak, aan die brand gesteek is.
Die vierde beskuldigde in die saak, Alex Grobler, het as deel van ‘n pleitooreenkoms met die staat, op 28 Oktober skuldig gepleit en is vyf jaar tronk toe gestuur.
Lees ook: Bagasiebakmoord – beskuldigde erken hy het kar aan brand gesteek
Grobler het erken dat hy die voertuig, ‘n Audi wat aan Appelgryn behoort, met Danie se oorskot daarin, aan die brand gesteek het. Hy het in sy pleitooreenkoms ook gesê dat hy dit op aandrang van Appelgryn gedoen het.
Grobler het in sy verklaring ook ander persone geïmpliseer in die saak, maar hul name kan nie genoem word nie, omdat hulle nie aangekla is nie.
Do you have information on a news story you think we should cover?
Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.
To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:
Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.