News

Twee oorlede in N12 botsing

Twee mense het gister in die N12 botsing gesterf.

Daar is laat gisteraand bevestig dat daar twee mense gesterf het in die N12 botsing naby Snake Road.

Lees ook: Ernstige ongeluk op N12 – gebruik alternatiewe roetes

Motoriste wat vanaf Middelburg na Gauteng pendel, is gister omstreeks 11:15 op die plaaslike Traffic Alert-groep gewaarsku om alternatiewe roetes te gebruik na ’n ernstige ongeluk op die N12 naby Snake Road.

Talle riemtelegramme is rondgestuur waarin gesê is dat daar ten minste drie trokke en twee voertuie in die ongeluk betrokke was.

Motoriste wat later verby die toneel gery het, het egter gesê dat dit ’n sleepwa was van een van die trokke wat afgeruk en in die veld ingeslinger is, wat gelyk het soos ’n derde trok in die veld.

  • Die oorledenes was in ’n voertuig wat tussen twee trokke vasgedruk is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button