Bagasiebakmoord: Drie weer in hof
Die drie oorblywende beskuldigdes in die bagasiebak moordsaak, was weer vlugtig in die hof.
Drie van die vier beskuldigdes in die moordsaak waar Danie Maritz in November 2023 vermoor en sy oorskot later saam met ’n voertuig aan die brand gesteek is, het hierdie week in die hof verskyn.
Angie Appelgryn, Jan Jordaan en Kobus Pretorius het vlugtig verskyn. Jordaan en Pretorius is steeds in aanhouding en Appelgryn is uit op borg.



Die saak is uitgestel na volgende jaar.
Alex Grobler, wat saam met hulle op die saak aangekla is, het onlangs skuldig gepleit op die klagtes teen hom. Hy het erken dat hy Danie se oorskot, op versoek van Appelgryn, in haar voertuig se bagasiebak gelaai en dit later aan die brand gesteek het. Hy het aangedui dat hy nie by was toe die moord gepleeg is nie.

In ’n pleitooreenkoms met die staat, is Grobler vyf jaar tronk toe gestuur.
Lees ook: Bagasiebakmoord – beskuldigde erken hy het kar aan brand gesteek
