Videos: Ons eie Care Riders by die Munga: Van ‘Jakkalsdans’ tot ‘die wind saam met my’
Dit is nou 'Hou bene hou!' vir ons Nashua Care Riders by die uitmergelende Munga Equipe!
Ons helde, oftewel die Nashua Care Riders, is op die pad en word almal in Middelburg gereeld op hoogte gehou deur middel van ‘n WhatsApp-groep!
Daar word kort-kort op die WhatsApp-groep, ‘Munga 2024, Nashua Care Riders Supporters’ foto’s en videos geplaas hoe dit met die ryers gaan.
Die Munga, vanaf Bloemfontein na Wellington, is een van die moeilikste wedrenne op aarde en het almal op 27 November weggespring om deur die Karoo-son en baie onherbergsame roetes uiteindelik op 2 Desember die eindpunt oor te steek.

Hier vertel die manne oor wat hulle op die roete ervaar:
Andre Brandmuller het uitgebrei oor “Jakkalsdans”
@middelburgobserver The Munga: Andre Brandmuller talking about ‘Jakkalsdans’
PC Nell gesels uit Sutherland en sê dis ‘n voorreg om vir ons Middelburg Care Village te ry en hy hoop dat die Nashua Care Riders se groep 1 die Top 5 sal haal:
@middelburgobserver Munga: PC Nell sê dis ‘n voorreg om vir die Middelburg Care Village te ry en hoop die Nashua Care Raders se groep 1 haal die top 5!
Deriek Swart ry ook vir die Nashua Care Riders se groep 1 en alhoewel die elemente soos die ‘wind van voor’ en ‘hoë bulte’ tot nou toe uitdagend was, bly hy positief.
@middelburgobserver Die Munga: Nashua Care Riders group 1 se Deriek Swart sê die eerste gedeelte wat hy gery het was lekker, ongeag die wind van voor, die ‘spikes’ van bo af en die hoë bulte!
Lees meer hier oor die plaaslike ryers en hoe om hulle te ondersteun:
The Nashua Care Riders are underway at the Munga Equipe – Make sure to support!
