News

Suster kom vanaf Kanada om begrafnis te reël vir vermoorde broer

Die man wat wreed op hul Hendrina-plaas vermoor is, se suster land hierdie week uit Kanada om sy begrafnisreëlings te tref. 

Nico Steyn (46), die vriendelike man wat Donderdag vermoor is op hul plaas, sal onthou word vir sy sagte hart, wat enigiets vir sy familie en vriende sou doen.

Nico is op hul plaas, Bosmanspan (buite Hendrina) vermoor en is sy liggaam buite onder ‘n bakkiekappie gekry. Sy pa, Peet (85) is met kabelbinders vasgemaak en in ‘n bagasiebak gedruk en sy ma, Sannie (80) ontvoer. Sy is later by ‘n informele nedersetting buite Secunda gevind.

Lees ook: Man op plaas vermoor, pa in kattebak gevind, ma ontvoer

Die bejaarde egpaar is na die aanval vir hul beserings in die hospitaal behandel, maar is sedertdien ontslaan en gaan tans by familie tuis.

Oom Peet (85) en tannie Sannie Steyn (80). Oom Peet is in ‘n bagasiebak gedruk en tannie Sannie is ontvoer. Sy is later by ‘n informele nedersetting gevind.

Nico se suster, Marlize le Roux, het vanaand gesê hoe swaar alles vir haar is. Sy land Woensdag uit Kanada in Suid-Afrika om te begin met begrafnisreëlings vir haar broer en om haar ouers te ondersteun.

As Marlize dink aan Nico, dan onthou sy hom as “‘n mens met die grootste hart, wat enigiets vir sy familie en vriende sou doen. Hy het so mooi na ons ouers omgesien, niks was ooit te veel vir hom nie. Of dit doktersafsprake of kruideniers-inkopies was of om hulle net met die tegnologie help, hy was maar altyd net daar om te help.”

Sy meld dat hul pa demensie het en dat “Nico 100% my ma se steunpilaar was.”

Marlize sê almal sal Nico ook onthou vir sy sin vir humor. “Hy kon altyd almal laat lag. Hy was lief vir visvang en kuier saam met vriende .Nico was beslis die mens met die mooiste en rustigste persoonlikheid. Hy los beslis ‘n groot leemte in baie se harte.”

  • Nico is in Pretoria gebore en het die familie in 1994 na die plaas op Hendrina verhuis, waar Nico sy skoolloopbaan aan Hendrina Gekombineerde Skool voltooi het. “Hulle was vir 30 jaar woonagtig op die plaas.”

Hy sou op 19 Januarie sy 47ste verjaardag gevier het.

Nico word oorleef deur sy ouers, Marlize, familie en vriende.

  • Die aanvallers is, volgens Marlize se kennis, steeds op vrye voet.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button