Video: Perde nou byna daagliks tussen vullis langs pad
Rondloperperde word nou byna daagliks by die groot kruising in Mhluzi gesien.
Daar is onlangs berig oor die perde wat sporadies langs die pad gesien word by die Beyers Naude/Mandelastraat-kruising in Mhluzi.
James van den Heever ry die afgelope drie jaar die pad en het hy die perde verlede week twee keer langs die pad gekry waar hulle tussen vullis aas vir kos.
Die perde is in ’n goeie kondisie en kan die Middelburg Dierebeskermingsvereniging nie die perde verwyder nie, omdat hulle nie die skut is nie.
Die DBV moes egter onlangs met die hulp van ’n veearts twee perde vankant maak, wat langs die pad gelê het.
James is van mening dat die perde ’n gevaar vir motoriste inhou wat veral in Beyers Naudéstraat die kruising nader.
Lees ook: Perde in kruising vreet vullis langs pad
@middelburgobserver Motorists are in danger with free roaming horses next to the road at the Beyers Naude and Mandela Road crossing in Mhluzi, Middelburg.
